Ek het met hele paar Cheetahs ondersteuners gepraat oor wat hulle dink van die Cheetahs se Pro14 seisoen en paar statistieke getrek hoe die span gevaar teenoor die ander spanne in die Pro14 reeks die seisoen. Om sommer reguit te praat uit my eie opinie, was die i baie teleurstelling seisoen in die Pro14 reeks as mens vergelyk teenoor laas seisoen hoe goed die Cheetahs daar gespeel het. Ja, die Cheetahs het baie spelers verloor einde van laas seisoen, as ek reg is het I hele 20-22 spelers verloor einde van laas seisoen se Pro14 reeks. Hele paar het na Japan gegaan en na Frankryk en Engeland en na ander Suid Afrika frnachises wat in Super Rugby speel. Moes hele paar spelers aankoop om sekere gapings te laat met spelers wat weg is en die diepte was erg geraak met daai spelers wat weg is. Het twee spelers van oorsee gekoop wat veral in Frankryk gespeel en wat die tipe rugby ken soortgelyk in die Pro14 gespeel word. Die res was maar plaaslike spelers en as nie spelers kon kry by ander spanne nie, het kontrakte aangebied vir die jonger spelers wat deur die Cheetahs sisteem gekom het.
Met die wat gebeur laasjaar dat Curriebeker en Pro14 nog gebots het, het die span lank gevat om mekaar te leer ken en aantepas hoe word daar gespeel, en wat ook `n groot aanpassing was, dat daar weer `n nuwe afrigter was wie die spelers moes gewoont raak. Na die einde van laas seisien se Pro14 reeks, het Rory Duncan(hoofafrigter) ook die Cheetahs verlaat en `n hoofafrigter pos in England aanvaar en Franco Smith moes die leisels oorvat, aliwel Franco die Cheetahs se Direkteur van rugby was, het Cheetahs bestuur gevoel dis nie nodig om nuwe afrigter aantestel nie, net om Franco die pos oor te vat.
Die groot teleurstelling vir ons Cheetahs ondersteuners was manier hoe die Cheetahs die seisoen gespeel het. 2017/18 seisoen het Cheetahs 609 punte aangetken en 2018/19 het net 541 aangeteken, punte teen vir 2017/18 was 554 en vir 201/19 was 606. Drieë vir 2017/18 was 75 en vir 2018/19 was 80 maar hier kom die groot skok, drieë teen Cheetahs vir 2017/18 was 75 en vir 2018/19 was 80. Ons as ondersteuners voel die Cheetahs se groot struikelblok is hul verdediging. Ons as ondersteuners praat seker al 6 jaar dat die Cheetahs erg erg swak is op verdediging. My mening is, help nie jou seining is, sal wedstryde wen om meer drieë teen ander spanne te druk nie. Ja dit kan dalk in Super Rugby gebeur, maar in Pro14 is die spanne se verdigings stelsels so goed omdat hul baie gefokus is op verdediging. Soos die engelsman se “ defence win you matches” en dis die waarheid daai, die ander pro14 spanne is nogal goed met hul verdigings stelsels en dit word openlik gepraat dat die ander spanne moet die Cheetahs teiken op hul verdediging. Dit sê baie as dit openlik gese word spanne moet die Cheetahs se verdediging teiken. Moet eerlik wees, laas die Cheetahs soort van `n verdediging gehad was daai era van 2005-2007 toe Rassie Erasmus die hoofafrigter was en toe die Cheetahs die Super Rugby uitspeel wedstryde gehaal het in 2013. Daarna nooit weer nie en is nogal teleurstelling dat die span nie regtig omgee dat hul verdediging so swak is nie. Dit voel net vir my dat hul dit nie as belangrik beskou nie, voel net hul vokus meer op hul aanval en nie regtig op die verdediging patrone nie.
Wat vir my postief uitgestaan in `n teleurstellende seisoen vir die Cheetahs was, was al die spelers wat gebruik is viral die jonger spelers wat laas seisoen nooit kans gekry omdat die meer senior spelers kans gekry omdat hul meer ervaring het. Baie van hulle het op die bank wedstryde gekry of soos glad nie. Van die jonger spelers nooit eers een wedstryd gespeel nie en moes wag tot die Supersport Rugby Challenge om bietjie wedstryde te kry of vir die Curriebeker. Met die spelers wat laas seisoen weg is, was daar verplig om sekere jong spelers kans te gee en te sien hoe hul speel en te kyk is hul reg vir die hoer stappe van curriebeker af. Om `n voorbeeld te noem wie vir my groot seisoen gehad was Josepth Dweba(hakker). Hy was altyd 3de of 4de keuse hakker vir die Cheetahs omdat Torsten van Jaarsveld , die eerste keuse was en Jacques du Toit was tweede keuse. Met Torsten wat weg is en Jacques du Toit wat gesukkel met beserings die seisoen, het Josepth Dweba sy hank opgesteek.
Spelers wie hul hande vir my opgesteek die seisoen is Josepth Dweba, Ox Nche, Walt Steenkamp, Abongile Nonkontwana, Rabs Maxwane, Benhard janse van Rensburg,
Josepth sy hand opgesteek omdat hy derde of vierde keuse was en gespring na eerste keuse hakker. Ox het net weer die seisoen gewys hoekom hy so goeie speller is en as hy beseer of geskors was, kon mens sien hoe die Cheetahs sukkel in die skrums. My eerlike gevoel is dat ty moet baie baie naby wees om in Rassie Erasmus in die springbok palnne te wees vir die wereldbeker. Walt steenkamp het van Varsity beker reguit gekom om Pro14 te speel en hy het sy plek oopgespeel. Abongile wat eintlik `n slot is het na flank geskuif weens beserings aan Oupa Mohoje en toe Junior Pokomela en gewys vir my week in en uit hy behoort in die begin span en die twee beseerde spelers gaan moet speel as hul bo hom wil gekies word. Rabs Maxwane was die jaar die voorste drieë drukker in Pro14 met 14 drieë en ewenaar die rekord vir meeste drieë ooit in `n seisoen met Tim Visser(Edinburgh). Hoekom ek Benhard gekies was, omdat hy Francois Venter se plek invat nadat hy weg is en dat Franco liewer vir William Small smith op vleuel wou speel as senter. Hy het gesukkel in die eerste paar wedstryde omdat hy meer i losskakle was en senter toe moes skuif maar hy sy taak voldoen en my regtig gewys da thy daar behoort.
My eerlike opinie oor Franco Smith is nie baie goeie opinie nie, ek moet eerlik wees. Dis nie date k nie van hom hou nie maar dis die manier hoe hy wil speel met sy wedstryd planne, hoe hy sekere spelers kies buite posisies en sekere jong spelers nie kans gee nie en wat in vorm is maar hy hom by spelers in begin span wat buite vorm is. Sy afrigter rekord by Cheetahs is nie regtig om oor opgewonde te raak is. Wen persentasie van 38% in 73 wedstryde. So dis regtig nie iets om oor opgewonde te raak nie. Ek sal liewer hom sien as `n agterlyn afrigter want dis waar blykbaar sy sterkpunte lê. Ek weet nie eers of dit regtig i sterk punt is nie, want die Cheetahs se voormaglige agterlyn afrigter het hy na i ander posisie geskuif omdat hy meer beheer oor die agterlyn wou he en later het die agterlyn afrigter bedank omdat hy meer in die wedstryd palnne van agterlyn wou wees en hy het `n pos as die Sharks agterlyn afrigter gekry. So wat ek eintlik sê franco wou beheer he oor alles en vir my ook gevoel wou liewer `n “life coach” wees as `n hoofafrigter, ongelukkig gaan rugby en hoofafrigter oor uitslae en nie regtig oor beter mense te maak nie, dis ongelukkig die realiteit. As franco die pos by Italië vat, gaan Cheetahs nuwe hoofafrigter moet aanstel. Wat ek glo ook een van sy probleme is veral die seisoen is sy voorspelbaarheid in sy spelpatroon. Baie van die spanne het presies geweet watt e verwag van die Cheetahs en hoe hulle sal speel. Daar was nooit daai van hul nooit geweet wat te verwag van die Cheetahs nie. Baie ondersteuners voel Franco moet nie aanbly tot na die vurriebeker nie, baie van hulle glo en ek stem saam met hulle dat die nuwe afrigter moet al betrokke wees wanneer die curriebeker begin sodat spelers en afrigters mekaar kan vind voordat Pro14 in einde September begin soda wee twat is vir wat en wat die planne is.
My gevoel rondom SARU se besluit om gekontrakteerde spelers te virminder na 45 sperlers is eintlik `n goeie ding. Rede hoekom so sê is dank an kwaliteit en goeie spelers wat by ander franchises sit bv by Cheetahs aansluit en meer wedstryde speel en die Cheetahs as span en groep kan meer kwaliteit spelers he en kwaliteit diepte hê en nie sukkel om kwaliteit spelers te kry nie. Dit sal beteken dat Cheetahs daai soort spelers kan nader en hoop om hul te teken. As daai soort spelers kan teken sal dit die span sterker maak en sal Cheetahs ook meer kompenteerd maak in die Pro14 en op ou einde sal dit goed vir SA Rugby wees as daai sort spelers by die twee Pro14 spanne kan inval en hul teken. Twee sterk Pro14 spanne is goed vir SA Rugby nes as die vier Super Rugby spanne vir SA Rugby is.
Waar ek glo die Cheetahs moet probeer kwaliteit spelers teken om diepte te toon is veral vleuel, die voorye en skrumskakles en losskales. Die ander posies glo ek Cheetahs het genoeg diepte en jong spelers wat deurkom en wat in toekoms hulle hande kan opsteek en sê dat hul behoort in die senior span.
In die media wat berig word wie by Franco Smith kan oor neem is. Hawie Fourie(Maties hoofafrigter) Johnathan Mokuena(Pukke hoofafrigter) Deon Davids(Kings hoofafrigter), Matt Proudfoot(Springbokke skrum afrigter) Dis die vier name wat in die media genome word wat moontlik by Franco Smith kan oorneem en moontlik op die Cheetahs se kortlys kan wees. Ons as Cheetahs ondersteuners voel dat dit iemand van buite moet wees, buite meen ek wat nooit by Cheetahs al afgerig het nie, kort iemand met nuwe ideas en palnne en wat kwaliteit spelrrs sal wil kry en die jonger spelers kans sal gee en wat spelers nie buite posies sla laat speel nie. Ek het van my Cheetahs ondersteuners gevra wie hul graag sal wil sien by Cheetahs wil hê en die naam kom verskeie kere op en dis die Pumas se Jimmy Stonehouse. Ja hy is by klein span van die pumas maar hy het 2 of 3 jaar ondervinding gaan optel toe hy hulp afrigter was by een van die Japan se top klub spanne. Hy is weer terug in Suid Afrika en terug by Pumas. Ek het wel vertroulik verneem die Cheetahs pos gaan nie adverteer word nie so Jimmy Sonehouse kan nie aansoek doen vir die pos as hy nie op die kortlys is nie. So ek wil weet, hoekom gaan Stonehouse nie oorweeg word vir die pos? is dit oor die tipe persoonlikheid en manier van hoe hy is dat hy nie oorweeg is nie of is dit die feit dat hy nie die spelers en die bestuur se maniere gaan aanvaar nie of is dit die feit dat die Pumas dalk van 2020/21 seisoen kan deel wees van Pro14 en dis hoekom hulle hom nie wil oorweeg nie? My gevoel is, hy dis die tipe en regte afrigter wat die Cheetahs nodig het om weer te wees waar ons was in die laat 2000s. Met franco wat weggaan klink my dat Daan Human(skrum afrigter) wat Cheetahs en Bulls se skrum afrigter liewer voltyds by die Bulls wil wees, so dit beteken gaan nuwe skrum afrigter moet kry. Die wat Franco die agterlyn ook afgerig het, sal beteken dat Cheetahs nuwe agterlyn afrigter moet Kry. Daar was berig dat Paul Feeney wat by Stormers is, moontlik die pos kan oorweeg en by Cheetahs aansluit. As hul nuwe Hoof afrigter en nuwe skrum en agterlyn afrigter moet kry, is my eerlike gevoel moet die huidge verdediging afrigter in pad steek en iemand nuut kry met nuwe ideas want die huidge een in my opinie werk nie en dis al ses jaar wat dit nie werk nie. Tyd vir i verandering.
My laaste punt wil aanraak is die swak toeskouers by Cheetahs wedstryde. Wat is die oorsaak vir dit? Is dit omdat in Pro14 speel en nie regtig meer teen die sterker super rugby spanne van Suid Afrika speel? Is dit die uitslae wat die Cheetahs veral die seisoen gekry het? Is di tweens die klomp spelers wat Cheetahs verloor het einde van laas seisoen? Kan nie die pryse van kaartjies die skuld gee, ek self navorsing gedoen, bergelyking met die ander Super Rugby franchises is die Cheetahs se goedkoopste kaartjie se koop. Moet Supersport “blackout” maak soos jare tevore dat die wedstryd nie op tv sal wees met 100km rondom Bloemfontein en so dwing om die mense by die wedstryde te kom? Vanaf Cheetahs in Pro14 is is die gemiddeld tussen 5000-6000 per wedstryd en waar dit by Super Rugby oor die 10000 was. Its moet gedoen word om mense terug te lok na die wedstryde. As span goed doen, mens wil nie in so leeg stadium wedstryde speel nie. Its drasties moet gedoen word.
Om aftesluit. Kan net hoop en glo die nuwe Pro14 seisoen wat einde September begin sal Cheetahs beter doen as die een wat kla is. Beter kwaliteit spelers hê en nuwe ideas van afrigters en palnne en nie weer spelers buite posies laat speel soos die seisoen nie. Kan net glo, want dis belangrik dat Cheetahs begin goed doen in Pro14 vir SA Rugby.