Home Featured Hoe het rugby verander van die amateur era na die professionele era?

    Hoe het rugby verander van die amateur era na die professionele era?

    Voor rugby profesioneel geraak het, het spelers dit gespeel vir die liefde van die sport en nie om betaling te kry waarvoor nie.

    3810
    0
    DHL Stormers
    Newlands was a pivotal stadium in moving from the amateur era into the present professional era.

    Voor rugby profesioneel geraak het, het spelers dit gespeel vir die liefde van die sport en nie om betaling te kry waarvoor nie.

    Spelers het nie spanne verander soos nou weens beter betaling kon kry of meer waardeur sou word by `n sekere span nie. In Suid-Afrika het spelers net in die amateur era spanne veraander as hulle oorgeplaas is weens hulle werk verpligteninge of as hulle deel van hul diensverpligtening(army) verplaas word na `n ander area het hulle vir verskillende spanne gespeel. Party het hulle hele loopbaan net vir een span gespeel. Dis alles te doen weens die army of vir hulle werk.

    Ek kan `n sekere storie onthou van die ou spelers wat nie deel was van die groep profesionele era spelers. Hulle het gewerk, `n beroep gehad, hulle het net woensdae en donderdae geoefen en vrydae die kaptein oefening gehad en dan daai saterdag middag het hulle die wedstryd gespeel.

    Hulle het nie soos nou maandae tot vrydae of donderdae geoefen en dan vrydae of saterdae die dstryd gespeel nie. Hulle het ook nie soos nou video ontleders gehad en skop afrigters en al die verskillende afrigters nie. Hul dalk 1 of 2 ander afrigter gehad en dan die hoofafrigter.

    Die spelers van die amateur era was ook nie soos nou se spelers dat hulle vervang kon word as moeg was of besering gehad of so its nie. Spelers was net vervang geword as die speler nou regtig ernstig was. Parykeer as regtig bebloed was of skouer besering of so its gehad het hulle aangehou speel want dis wat jy gedoen het in daai era.

    Nog `n storie wat ek kan onthou maar was die keer wat die Springbokke Europa getoer het, hulle het nie soos nou met die vliegtuig gevlieg nie en `n toer van 3 tot 5 wedstryde gehad nie, hulle was daar vir maand of 2 op toer. As reg onthou die boot het soos 3 tot 6 weke gevat om van Suid-Afrika na Europa te gaan. Die spelers kon nie regtig op die boot oefen maar het so af en toe soos lynstane geoefen en die balle rond gegooi vir mekaar sodat net soortvan kan skerrp bly.

    Soos genoem Springbooke het soos lang toere na Europa gehad en dieslefde gebeur as hulle na Nieu-Seeland gegaan en dink diselfde het gebeur as hulle Australië moes gaan. En dieselfde weer gebeur as die lande na Suid-Afrika gekom het. Die groot toer wat Suid-Afrikaners uit gesien was, was as die Britse Leeus wat elke 12 jaar na Suid-Afrika kom en al die prpvensies speel en dan eers die Springbooke in 3-5 toetse gespeel het.

    In die amateur era in Suid-Afrika het hulle verskillende bekers gehad maar die Curriebeker was die groot een, want dis waaruit die Springbokke gekies sou word vir wedstryde of toere en die beste van die beste het daarin gespeel. Ongelukkig in Suid-Afrika het politieke groot rol gespeel na bekend gemaak wat daar apartheid in Suid-Afrika en spanne was verbied om na Suid-Afrika te gaan en dieselfde met Suid-Afrika as hulle wou toer en as gevolg daarvan, het vir klomp jare het die spelers net teen mekaar gespel in die verksillende reekse. Kon eers weer hier by 1991/1992 weer speel as Springbokke of toere gehad.

    Net na die 1995 wereld beker in Suid Afrika het aangekondig dat rugby sou profesioneel raak. Spelers sou betlaings kry met kontrakte en wedstryd gelde kry en daar sou TV regte kom uitsaai van reekse en toetse en daar sou borge wees wat reekse en toetse sou borg. Borge sou spanne se hoofborge word en hoofborge van lande. Die spanne kon spelers nou aanbiedings maak sodat hulle vir hulle kan koop. Oorsee spanne kon ook sekere spelers `n aanbieding maak sodat hulle gaan oorsee speel.

    Die aantal assistant en hulp wat afrigters bygekry toe profesioneel era aangebreek het, het ook baaie meer geword. Die tegnologie wat ontwikkel is vir die afrigters het dit ook beter gemaak sodat hule wedstryde kon ontleed, spelers kon ontleed met hulle goeie en swakhede kan identifiseer en sodat aan dit kon werk. Afrigters kon `n sekere wedstryd plan uitwerk vir sekere spanne weens die ontleding van die span.

    In suid-afrika het spanne se name later verander toe profesioneel era aangebreek het. Noord Transvaal het verander na Blou Bulle, Transvaal het verander na Leeus, Natal het verander na Sharks. As reg onthou die top 2 pf 4 van die Curriebeker kon deel neem in die Super10/12 wat uit spanne van Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië gekies was. Later jare het vasgemaak dat 12 spanne , 4 van elke land sou konstant deelneem in die Super12. In Suid-Afrika sou dit wees, die Bulls, Sharks, Stomers en die Cats. Die Stormers het hulle naam verander omdat hulle voorheen WP was en hulle spelers van Boland, SWD en WP gekies en hulle naam na Stormers verander maar dis net vir die Super Reeks. Die Cats het bestaan uit spelers uit die Leeus en Vrystaat en hulle het wedstryde tussen Johannesburg en Bloemfontein gespeel. In 2006 het Vrystaat hul onttrek van die Cats en die Cats het ontbind en Leeus op eie gegaan en Vrystaat/Cheetahs op eie gegaan. Cheetahs sou 2007 Super Rugby aansluit. Hulle was daar tot met 2017.

    Hoe die spel verskil tussen amateur era en die profesioneel era is dat gedurend die amateur era was skrums en lynstane gebruik om die spel te begin sodat agterlyn meer vrylik kon hardloop. In die profesioneel era word skrums en lynstane gebruik as aanval platvorms te vorm. Om strafskoppe af te dwing en aanval spel te loots om drieë te druk. In Europa het hulle baie geskop weens hulle weer toestande en probeer balle terug wen. Deesdae word skop gebruik as `n aanval wapen.

    Europa het sy eie elite reekse. Frankryk het Top14, Engeland het die Premership, Italië, Skotland, Ireland, Walles het die Pro14. 2 spanne van Suid-Afrika speel in die Pro14. Suid-Afrika, Nieu-seeland en Australië het Super Rugby. Dan het Nieu-Seeland en Suid-Afrika hulle eie plaaslike reeks. Europa het weer `n groot elite reeks wat Engeland, Frankryk, Italië, Walles, Skotland en Ireland in speel. The champions Cup en Challenge cup. Dis basies dieselfde as Super Rugby.

    Om te eindig

    Profesioneel era het baie geld vir die spelers beteken het hulle kan nou `n beroep daaruit maak tot hulle moet uittree. Die moeilike ding is wat doen spelers as niks anders gedoen as net rugby gespeel het en niks agter naam het of `n besigheid het nie waarop kan teruggaan nie. Rugby was goed vir hulle maar wat dan?

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here