Home Cheetahs Groot veranderings kom vir die twee Suid-Afrikaanse Pro14 spanne dalk in afrigters...

Groot veranderings kom vir die twee Suid-Afrikaanse Pro14 spanne dalk in afrigters strukture

Met die aankondiging deur Vrystaat Rugby unie dat Franco Smith die Cheetahs einde van November gaan verlaat om Italë af te rig

1324
0

Met verlede week se groot aankondiging van die Vrystaatse Rugby Unie romdom Franco Smith na weke se bespiegeling dat hy die Italië pos aanvaar het, het die Vrystaatse Rugby Unie verlede week Dinsdag amplike aangekondig dat Franco Smith die Cheetahs gaan verlaat na die einde van November om die Italië hoofafrigter te wees.

Met dat Franco Smith die aanbod van Italë aanvaar het, gaan Vrystaat bestuur nou begin om die proses om soektog na `n hoofafrigter te kry. Die pos sal interne, eksterne en deur SARU se kanale geadverteer word. Die pos is van laasweek Woensdag oop tot met die 30st Mei 2019. `n Paneel sal aangestel word wat deur die aansoeker sal gaan en `n kortlys van 3 tot 5 kandidate sal gekies word. En dan sal met die kanidate onderhoude  gevoer word en 2 of 3 sal dan ook gevra word om `n voorlegging te doen vir die paneel.  Wie op die paneel sal wees moet nog bevestig word en aangekondig word.

Met laasweek se media konferensie het die Vrystaatse Rugby unie gesê dis blote bespiegeling wie vir die pos kan oor weeg word. Volksblad koerant het wel met twee moontlike candidate gepraat en beide het bevestig dat hulle het en gaan aansoek doen vir die pos by die Cheetahs. Daai twee kandidate is Jonathan Mokuena en Jimmy Stonehouse, hulle is die enigeste twee wat bevestig het dat hulle het aansoek gedoen vir die pos. Geen amplike antwoord kon kry of Hawies Fourie , Deon Davids en Matt Proudfoot vir die pos gaan aansoek doen nie, Andre Tredoux en Oersond Gorgonzola stel glo belang in pos en Jake White het wel navraag gedoen oor die afrigter en die direkteur van rugby posisies en Corniel van Zyl is glo ook `n sterk kandidaat. Vrystaat bestuur het wel gesê die nuwe afrigter sal op laaste einde van Junie aangestel word. Sodat hy deel kan vorm van die Curriebeker afrigter span. Die Curriebeker sal deur Franco Smith afgerig word.

Die nuwe afrigter sal amplik oorneem in Septemeber met voorbereiding vir Pro14. Die nuwe afrigter sal wel van die huige afrigters span erf, daar kan dalk een of twee nuwe aanstellings of verskuiwings in die afrigters lede wees. Die soektog na `n nuwe hoofafrigter is tans top prioriteit. Die moontlike oop poste by Cheetahs sal wees as die nuwe hooafrigter aangestel is sal die agterlyn afrigter wees en die skrum afrigter wees.

Franco Smith was 5 jaar by die Cheetahs betrokke. As afrigter en as direkteur van rugby.

Daar was laas weeg groot bespiegeling toe daar in media berig was dat die Kings van Deon Davids wil ontslae gaan raak, hy sou blykbaar laas week Woensdag in kennis word dat hy nie meer die Kings se hoofafrigter meer is nie. Want die nuwe eienaars van die Kings soek nuwe bloed en ideas by die afrigters.

In die media is blykbaar berig dat  Sean Everitt( hulp afrigter by Sharks) al in besprekings met die Kings is oor die moontlikheid dat hy hulle nuwe hoofafrigter van die span word en dan word die naam van Chean Roux(hoofafrigter van die Junior Springbokke) ook as `n moontlike kandidaat beskou. Die Kings het wel laas week Dinsdag `n verklaring geplaas rondom Deon Davids en al wat hul gesê was dat hulle in besprekings met Deon Davids oor sy toekoms by die Kings en meer inligting rondom die sal eers beskikbaar wees as hulle tot `n vergelyking kom. Hy was ook een van die name wat genoem was om die Cheetahs pos sou belangstel. Of hy aansoek gedoen of nie is `n ope vraag. Die Cheetahs het met hul laaste Pro14 wedstryd teen Kings, toe al vir SARU gevra of hulle met Deon Davids mag praat.  Lyk nou in nuuste berig in media dat Woensdag `n finale besluit sal maak oor `n skeidingspakket tussen Davids en Kings. Dit blyk dat hy liewer `n pos by SARU sal oorweeg as om aansoek doen vir die Cheetahs pos.

Die nuwe seisoen Pro14 sal waarskeinlik eers einde September begin. Wat beteken altwee spanne sal binne 3 maande nuwe afrigters moet aanstel en dan `n voorseisoen vir Pro14 hê voordat dit begin.

`n Interssante feit rondom die Cheetahs. Dit sal hulle derde afrigter wees in tydperk van drie seisoen in die Pro14. 2017/18 was dit Rory Duncan, 2018/19 was dit Franco Smith en 2019/20 sal dit die nuwe afrigter wees. Waar die Kings se afrigter Deon Davids sedert 2016 hul afrigter is. En indien wel nuwe afrigter wil hê, sal dit hul eerste verandering in afrigters wees sedert hulle in die Pro14 is.

As ek een verandering kon maak by die Cheetahs se afrigters lede en dis nou behalwe die nuwe hoofafrigter, sal dit wees vervang die huidige verdedigings afrigter. Ek praat nou onder korreksie hy is by Cheetahs sedert 2013 of 2014 en die verdediging is een van die kwesies wat Cheetahs ondersteuners seker al vir 6 jaar al praat en kla wat glad nie op standard is en dis die een faktore wat die oorsee se Pro14 spanne hulle op uitbyt want omdat dis so swak is. Die Pro14 seisoen was die Cheetahs, die 3de meeste span wat drieë afgestaan het. Dit moet een kwesie wees wat die nuwe afrigter moet op fokus want dit kan nie so aangaan dat Cheetahs hoop om wedstryde net te wen as hulle meer drieë as die ander span te druk. Gaan wedstryde moet wen omdat beter verdedig en dan meer driee en punte aangetken het. As Cheetahs verdeging uitsorteer sal ook meer kompenteerend wees in die Pro14.

As een ding by Kings kon verander in hulle afrigter lede en dis ook nou behalwe die hoofafrigter en ongelukkig gaan dit dieselfde wees as die Cheetahs sin en dis `n verdeging afrigter wees. Hulle verdeging was nog swakker as die Cheetahs sin. So dis ook een van hulle groot probleme.

Met die nuwe kontrakteuring stelsel wat SARU ingestel het en mens hoor in die media dat dit vir die Kings en Cheetahs grootliks by dit gaan baat, sal interssant wees indien dit wel gebeur en as dit doen watter soort spelers dit gaan wees en hoe dit die kwaliteit van beide spanne gaan verbeter en hoe dit die nuwe afrigters se planne met die Cheetahs en Kings verander hangaf watter soort spelers dit is en of dit op `n kontrak basies of `n leen basis is.

Om aftesluit.

Die seisoen van Pro14 gaan baie interssant wees met nuwe spelers by Kings en moontlik nuwe afrigter en afrigters lede en by Cheetahs met defintief nuwe hoofafrigter en moontlike nuwe afrigters lede. Tyd sal leer hoe die veranderinge beide spanne gaan raak en dink gaan defintief `n herbou fasis wees vir Kings en weer `n herbou fases vir Cheetahs om manier hoe die nuwe afrigter afrig en hoe sy wedstryd planne is. Interssante tye lë vir beide spanne se ondersteuners voor. Beide spanne moet meer konsekwent wees in die behou van spelers veral en meer belangrik hulle afrigters.

Follow DJ on Twitter: @DjRossouw87

 

 

 

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here