Home Cheetahs Die Hawies Faktor

Die Hawies Faktor

Hawies Fourie is einde Junie aangestel as Cheetahs hoofafrigter en ek het gekyk wat hy na Cheetahs sal bring

1621
0
General views of the Toyota Stadium during the 2018 Castle Lager Incoming Series 2nd Test match between South Africa and England at the Toyota Stadium.Bloemfontein,South Africa. 16,06,2018 Photo by (Steve Haag)

 

Hawies Fourie is einde Junie aangestel as nuwe Cheetahs hoofafrigter na die pos geadverteer was en daar 30+ aansoeke gekom het van plaaslike afrigters en oorsee aansoeke. Hawies sal die span amplik op 1 September oorvat met voorbereiding vir die aankomende Pro14 seisoen en dan sal hy ook die Curriebeker leisels oorvat volgende jaar.

Hawies was die afgelope paar jare die hoofafrigter by Maties en het die span 4 jaar afgerig, het 2 keer die Varsity beker gewen en 2 keer in die finaal gespeel en as naaswenners geeindig. Voor hy Maties toe gegaan was hy Hoofafrigter by Boland en Griekwas en assistant afrigter by Stormers daarna is hy Cheetahs toe om assistant afrigter onder Naka Drotske te werk. Na Naka klaar gemaak is hy 2 jaar Griekwas toe om hul hoofafrigter te wees en toe is hy Maties toe waar hy 4 jaar was.

Die vraag op almal se lippe is. Wat gaan Hawies bring vir die Cheetahs?  Die Tradisonele Cheetahs rugby of iets nuut of gaan hy van sy manier van speel by Maties inbring saam met die tradisonele Cheetahs patroon? Ek het met Angus Opperman wat vryskut vir rugby365 skryf gepraat en hy het `n kort opsmming gegee wat hy verneem het.

Toe Hawies Fourie oorgevat het in 2015 by Maties het Maties `n  jaar of wat deur `n moeilike tyd gegaan en Hawies het paar jong spelers van Maties se Young Guns gevat en paar ervare spelers en `n span gebou rondom hulle en hy sy eie strukture rondom die groep spelers gebou. Hawies is `n person wat die engelse se “attention to detail” person is, hy sal na elke speler gaan en vir hom sê dis wat ek van jou verwag en as speler nie die verwagting wat Hawies het van hom deurver nie, gaan hy die speler weglaat omdat hy nie die verwagting deur kan voer nie. Wat Hawies ook gedoen het, hy het die band tussen Maties en WP rugby versoen, daar was `n tyd waar WP net UCT spelers gekies het en waar Maties spelers nie regtig gekies was nie. Een van Hawies se groot punte is, dat sy skrum nie terug geskrum sal word nie en dat hy sal seker maak dat sy pak sterk is en sy pak kan staan teen die teenstanders of sy pak die teenstaanders se pak oorheers. Maties se aanval was baser op hulle pak, hulle het geweet wat hulle in die skruktuur moet doen maar tog het hulle vryheid ook gehad te doen wat hulle wil. Een van Hawies se manier is dat hy baie streng is hoe hy verwag sy spelers moet speel en dieselfde oor sy afrigting span wat hy van hulle verwag word. Hawies is `n baie “hands on” person as `n afrigter. Al het maties spelers verloor wat na WP toe is of na ander spanne het hy die jonger spelers opgebring en hulle “ge-back”

Ek het met Andrew Daniel gepraat wat basies al die Varsity cup wedstryd kon kyk en dis was sy indrukke oor hoe maties gespeel en sy indruk oor Hawies Fourie. Hy meer in tegnies in gegaan

Red Zone -As hulle in die 22m is hulle selde paniekbevange. Baie rustig met bal in hand. “Pick and drive” is goed afgerig, veral 5 meter uit. Die Rolmaal beweging vanaf lynstane ook goed afgerig, die hakers behaal ‘n buitensporige aantal van drieë verlede seisoen en dit was as gevolg van die aanval lynstane. Speel af die binnesenter, Chris Smit was ongelooflik om te sien. Skop op die regte tyd, kan die druk van sy binnekant man neem, verskeidenheid van aangee is uitstekend. Fourie hou daarvan om wyd gaan by elke geleentheid, diep op aanval meer as die ander spanne.

Skop patroon- Chris Smits al van senter skop om die bal terug te kry of die verdediging te draai. Dikwels op die vloer eerder as in die lug. Suig die verdedigingslinie in en skop dan. Baie van die drieë is so gedruk

Maties was geneig om die uiteensetting van die verdediging te probeer boelie eerder as om die bal aan te val. Raak dit hard en dryf mense van die bal af. “Counter rucking” was ‘n kenmerk van hul spel. Chris Massyn is nie sleg oor die bal nie, maar hy  is groot en lywige ouens wat twee of drie op ‘n slag kan uitvat.

Vinnig begin- Het gesien hoe Maties binne twee minute na elke wedstryd ‘n drie druk. Daar was een groep wedstryd waar alles van wyd begin het met `n “expansive ball” . ‘N Paar van die ouens het ná die wedstryd ‘n onderhoud gevoer en almal het gesê dit is iets waaraan hulle werk in oefening.

Verdediging patroon- Maties het ‘n paar drieë uit  “set pieces” afgestaan. Hulle is ook by die geleenthede ingesuig wat daartoe gelei het dat ‘n buitesenter of heelagter onder die pale van ‘n lynstaan af was. Hulle verdedig nou en dryf skeins teen meer direkte aanval spanne van die lynstaan af of tweede fase balle wat in die middelveld beweeg het.

So ver die spelers wat Hawies aangekoop het sedert hy aangestel is: Ruan Pienaar(Montpilier, Skrumskale), Rhyno Smith( Sharks,Vleuel/Heelaagter), Chris Massyn(WP/Maties, 8st man), Chris Smit(Griekwas/Maties, Senter), Wilmar Arnoldi(Griekwas/Maties, Hakker), Duncan Saal(WP/Maties, Vleuel) , Craig Barry(WP/Maties, Heelagter/Vleuel). Daar word geprat in die media dat Sias Koen(Griekwas), Anthony Volmink(Griekwas), Neething Fouche(WP) ook kontrakte dalk kan teken by Cheetahs om na Curriebeker by Cheetahs aan te sluit vir Pro14.

Oor Hawies Fourie se afrigter span lyk dit nogal almal gaan bly en dit wil voorkom dat hawies `n agterlyn afrigter gaan aanstel. Die Vrystaat onder 21 hoofafrigter Melusi Mthethwa is volgengs die media `n sterk moontlikheid om die Cheetahs se Pro14 aanval afrigter te wees. Al gaping waar ek nog sien in sy afrigter span is die skrum afrigter. Die Cheetahs se vorige skrumafrigter het `n 2 jaar kontrak by Bulle geteken. So tans sit Cheetahs sonder `n skrumafrigter. Ek glo daai sal binnekort opgelos word.

Sedert Hawies aangestel het, het Cheetahs Rudy Paige(Clermont), Nico Lee(Brive), Shaun Venter(Ospreys) verloor. Daar sterk gerugte dat Henco Venter dalk Sharks toe gaan, Jacques du Toit deur Kings aangekoop is. Abongile Nonkontwana het die week bevestig dat hy terug gaan Bulle toe. Nog nie bevestig deur die Bulle self nie. Nog onseker of dit na Curriebeker gebeur of gaan hul paar Pro14 wedstryde kan speel. Die aankoop van Jacques du Toit na Kings sal waarskynlik an Curriebeker wees omdat jy vir twee Pro14 spanne in een seisoen mag speel nie.

Die Cheetahs moet nog tussen 9 tot12 spelers herteken met nuwe kontrakte. Is nog onseker of almal gaan kontrakte kry of nie. Moet ook onthou dat Cheetahs net 45 gekontrakteerde spelers mag hê. Sal interssant wees wie almal sal herteken en of daar nog ander nuwe spelers gaan aangekoop word.

Om af te sluit. Gaan interssant wees hoe Hawies Fourie gaan aanpas hoe Pro14 gespeel word en hoe Cheetahs onder hom sal speel en watter veranderings gemaak gaan word.

Wil net dankie se vir Angus Opperman en Andrew Daniel vir hulle bydra en inligting wat hulle verskaf het.

 

 

 

 

 

 

 

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here