Home Currie Cup Die Curriebeker wenner vir 2019

Die Curriebeker wenner vir 2019

Die Vrystaat Cheetahs het op die einde na `n soso middle fase op die einde van die dag as 2019 Curriekbeker wenneers uitgekom.

1387
0
Clayton Blommetjies of the Free State Cheetahs (Photo: Steve Haag Sports/Hollywoodbets)

Die 2019 Curriebeker was `n verkorte kompentisie, speel 6 wedstryde, 3 wedstryde weg en 3 tuis en dan die Semi finaal en dan die Finaal. Die Vrystaat Cheetahs het op die einde na `n soso middle fase op die einde van die dag as 2019 Curriekbeker wenneers uitgekom.

Die Vrystaat Cheetahs of altans die Cheetahs het na `n baie teleurstelende Pro14 gekom en wou wys hoe hulle regtig kan speel. Hulle het basies hulle Pro14 groep gehad om deur die hele Curriebeker te kies, daar was geen oorvleuend met die Pro14 nie, Pro14 sal eers einde van September begin het en sou die Cheetahs in staat gestel het om hul beste span te kies gedurend die Curriebeker. Die Cheetahs se wedstryde was so. Het Bulls, Sharks en Pumas weggespeel en het Griekwas, Lions en WP tuis gespeel.

Die Vrystaat Cheetahs se eerste wedstryd was teen die Blou Bulle op Loftus. Die Bulle het na soso Super Rugby gekom en momentum was basies in die Bulle se guns. Die Vrystaat Cheetahs het die wedstryd gewen met 43-27. Interssante feit, die Bulle se punte veral laaste 14 punte het in die laaste 5 minute gekom. Telling verskil sou groter gewees as Bulle nie daai driee aangeteken het nie. Nog `n interssante feit, die voormalige Cheetahs skrumafrigter was by Bulle en die Cheetahs het Bulle moeg geskrum in daai eerste helfde. Mens wonder of hy ooit regte skuif gemaak om Cheetahs te verlaat na Pro14 en na Bullet te gaan.

Die Cheetahs se tweede wedstryd was teen hulle bure van Kimberley die Griekwas. Op daai stadium het Griekwas altwee hul eerste 2 wedstryde gewen en was `n groot wedstryd in Bloemfontein. Wedstryd was nogal opgebou om `n grote te wees maar ongelukkig het nie daai gebeur, die Cheetahs het Griekwas afgeslag eintlik. Die Cheetahs wedstryd gewen met 68-14. Altwee sentrale Suid-Afrika spanne was op daai stadium nommer en en twee op die puntelys.

Die Cheetahs se derde wedstryd was weer `n tuis wedstryd in Bloemfontein. Hulle het teen die Goue Leeus gespeel. Was `n jong span en baie onervare sspan gewees. Die Cheetahs het `n baie goeie eerste helfde gehad, het `n volle 19 punte aangeteken in daai helfde. Toe kom Leeus en oorheerse daai 2de helfde hetemal. Cheetahs net drie punte in daai hele 2de helde aangeteken maar die Cheetahs het soveel geleenthede gehad om die starfskoppe pale toe te vat maar hulle het nie, hulle meer prober om driee te druk as om wedstryd te wen maar ongelukkig het Cheetahs wedstryd verloor met 24-22.

Cheetahs se vierde wedstryd was weg gewees teen die Sharks in Durban. In my opinie was di teen van die Cheetahs se swakste wedstryde. Telling sal dit nie regtig wys nie maar was glad nie soos die eerse 3 wedstryd nie. Cheetahs wedstryd in laaste 5 minute verloor en weer nie prober telling opstel nie maar liewer driee jaag en het wedstryd verloor 27-20

Cheetahs se vyfde wedstryd teen die Pumas in Nelspruit was `n maak of breek wedstryd of nog Semi finaal sal haal of nie. Die wedsryd was `n helfde van 2 helftes. Outerse swak eerste hefde deur Cheetahs en was ver agter gewees en in die tweede helfde het hulle belsluit om te speel. Die eindtelling was 46-37 in die Cheetahs se guns. `n wen in sakkie en bonus punt ook.

Cheetahs se sesde wedstryd was teen WP in Bloemfontein. Cheetahs het weer `n uiterse swak eerste helfde gehad en was 12-26 agter. En in nog die 45 minute in tweede helfde was 12-33 agter. En toe gebeur die wonderwerk. Een van die grootste terugkom wat ek ooit beleef het. In die volgende 35 minute het Cheetahs 4 driee gedruk en 27 punte aangeteken en die WP het 7 punte aangeteken. Die Cheetahs daai wedstryd gewen met 39-33 en deurgedring na die die semi finaal en belangrikste `n tuis semi finaal teen weer die Sharks maar darm was dit `n tuis wedstryd

Die Semi Finaal teen die Sharks in Bloemfontein. Cheetahs het `n soso eerste helfde gehad. Was 11-20 agter gewees op halftyd. Van daar tot die 66 ste minute was dit naby. Tot op daai stadium was telling 30 elk. Toe vat die Cheetahs vlam in daai laaste 14 minute druk 3 driee. En Cheetahs wen die semi finaal 51-33. Cheetahs het in 2de helde 40 punte aangeteken en Sharks het 13 punte aangeteken. Die Cheetahs speel in `n tuis finaal in Bloemfontein teen weer die Goue Leeus.

Die Curriebeker finaal. Die Vrystaat Cheetahs teen die Goeie Leeus. In `n 38000+ stadion vol orange!!!!

Die Cheetahs het die eerste helfde gespeel soos `n soan wat speel vir die dood. Halftyd was 31-7 vir Cheetahs.4 driee en ` strafskop en Leeus net 1 driee. Toe kom die Leeus in die 2de helfde en begin eerste punte aanteken in die 70st minute. Daai was die eerste punte van die helfde, in daai laaste 10 minute het die Leeus 3 driee gedruk maar was “to little to late”. Die Cheetahs het die finaal met 31-28 gewen. Cheetahs het 0 punte aangeteken in die 2de helfde en die Leeus het 21 punte aangeteken in 2de helfde maar al daai punte het in laaste 10 gebeur.

Die Cheetahs is 2019 Curriebeker kampione. 2de keer in 4 jaar. 2016 en 2019 het Curriebeker gewen. Beide daai finale was teen Gautengse spanne. 2016 teen Blou Bulle en 2019 teen Goue Leeus.

Die Cheetahs moet net die wen gevoel en momentum oordra na die Pro14 toe wat op 27 September begin. Op 27st September is hul eerste wedstryd teen Glasgow warriors maar darm in Bloemfontein. In die eerste paar wedstryd gaan die wenne moet kry baie van die spanne se top spelers is by die wereldbeker by die verskillende lande. Tot middle/einde Oktober gaan Cheetahs die wenne tuis en punte weg van huis moet kry.

Om af te sluit

Baie mag dink Curriebeker is afgewater, en die beter spelers nie deel van spanne weens die wereldbeker of is in japan of sulke ooreenkomste maar die Curriebeker het nog `n doel in SA rugby en die nuwe talent en spelers word gekweek daar en die diepte van die spanne word gekies met Curriebeker en die geval van Cheetahs word gebruik as voorseisoen en momentum vir Pro14.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here