Ek het die afgelope 2 seisoene baie oor die gepraat en baklei vir Pro14 en ander weer het dieslefde gedoen vir Super Rugby. Laat ek my mening neersit oor hoekom nie een van Pro14 en Super Rugby bo die ander een die beter een is nie.
Dink die groot punt vir my is hoekom nie een van die twee kan uitstaan as die beter tussen hulle is, omdat dit twee verskillende soort rugby word gespeel en waarop gefokus word is ook verskillend. Byvoorbeeld Super Rugby is bekend daarvoor om die spel vining te maak en drieë te druk om die skare te vermaak. Waar Pro14 baie gefokus is op verdediging, skrums, afbreekpunte en die lynstaan. Wat op neerkom Pro14 toets al die vasette van die spel maar Super Rugby baie gefokus is om te kyk hoe goed jou aanval is as speler en as span.
Wat nog groot invloed het oor wie tussen die twee die beter een is, is reistyd. Om van Suid-Afrika na Nieu-Seeland en Australië te flieg kan tussen 2 tot 3 dae vat en dan speel die terme vlugvoosheid te vore en afrigters en die mediese spanne dit in ag neem. Dan dieselfde kan gesê word as van Suid-Afrika na Argentinië of na Japan gevlieg word. Dis waar as spanne van Suid-Afrika na Wallis, Ierland, Skotland en Itlalië flieg dat reistyd nie so erg is nie en baie gemaklik, hul praaat net van 12ure reistyd wat die spanne sal hë as hul na daai lande gaan. As dit in ag neem is die reistyd baie gemaklik vir spelers en die mediese spanne.
Hierdie punt wat ook `n groot verskil maak oor hoe Super Rugby en Pro14 verskil en dis veral vir die oorsee se spanne wat spelers laat rus.
Die Europese klubspanne speel nie net in Pro14 soos wat in Super Rugby wat in daai tydperk net dit speel nie. Die Europese klubspanne speel nog in die European Challenge Cup of die European Champions Cup. Wat beteken hulle laat rus sekere aantal van hul kwaliteit spelers vir as hul in daai wedstryde moet speel. Wat op neerkom hul laat rus sekere spelers in sekere wedstryde in Pro14 voordat hulle in die European wedstryde speel. Dan kom dot ook neer wanneer dit die Sesnasies is dat al die spanne se spelers onttrek word van hul spanne `n week voor die sesnasies begin en die gedurend die sesnasies dat geen spelers na hul spanne sla terugkeer nie behalwe as daar `n afnaweek is in die sesnasies en wanneer sesnasies klaar is.
Wat gebeur as sesnasies klaar is kry sekere aantal van daai spelers rus kans voor hul weer vir hul spanne speel. Maar die Pro14 speel wedstryde al is die sesnasies aan die gang.
Wat vir my interssant was wat ek in media gelees al paar keer dat hul met spelers gepraat veral die Suid-Afrikaanse spelers wat vir die oorsee se spanne speel wat sê Pro14 is baie moeiliker as Super Rugby. Die rede wat hulle gegee was want dit toets hul as speler in al die aspekte in hulle en nie net op sekere aspekte nie. Rassie Erasmus het ook so eenkeer in media gesê dat as jy nie in Pro14 kan uitblink nie, sal jy defintief nie vir die Springbokke kan uitblink in internasionale wedstryde nie. Daai sê mos Rassie dink Pro14 is baie moeiliker om uitteblink. Iemand wat ek ken wat vriende is met Johan van Graan(Munster se hoofafrigter) hy het hom ok gevra wat hy dink van Pro14 met vergelyking met Super Rugby en hy het ook dieselfde gesê dat Pro14 baie harder is as Super Rugby en hy sê spelers word defintief meer getoets in Pro14 as in Super Rugby.
Net `n jammer dat die oorsee se spanne se spelers nie week in en week uit speel omdat hulle ander twee kompentisies moet aan deelneem. En dis ook belangrik dat spelers rus en nie hul oor-eis as speel. Dis maar `n voorsorgmaatreel vir beserings
As moet sê watter van die twee ek hou en in ag neem watter van die twee toets jou as span en as speler meer en nie wat mens meer vermaak gee, sal ek defintief sê Pro14 want ek geniet meer die soort rugby want alle aspekte van jou as span word getoets en waar super rugby nie so erg is oor verdediging nie en tog wen verdediging jou wedstryde en nie of jy meer drieë geduk as die ander span nie. Dis net my seining tussen die twee.
Weer toestande speel `n groot rol in die Europeerse kompentisies en dis waar taktiese skoppe en taktiese ontleding `n span die voordeel sal gee as hulle in die soort weer toestande sou speel. Mens kan sien byvoorbeeld as Cheetahs of Kings in nat of wind weer speel hulle sukkel omdat die Suif-Afrikaanse spanne nie daaraan gewoont is nie. Dis waar die oorsee spanne `n groot voordele het veral in hulle winter maande.
Ek weet dat daar seker net `n paar is wat soos ek voel oor Europeese rugby, ander gaan weer so voel oor Super Rugby. Al het Cheetahs 11 jaar in Super Rugby gespeel, het ek baie Europeese rugby gekyk en meer daarvan gehou. Ek volg European rugby bitter naby en doen dit nog steeds al speel Cheetahs in een van daai reekse. Byvoorbeeld ek volg Engeland se Premiership Rugby, Frankryk se Top14, Pro14 en dan die twee Europeerse Beker kompentisies Challenge Cup en Champions Cup
Sal nie sê almal of meeste nie maar baie Suid-Afrikaanse rugby ondersteuners het `n wang begrip hoe sterk en moeilik die kompentisies in Europe is. Baie dink hul rugby is te stadig en vervelig en glad nie opwindend nie en word hetemal te min drieë gedruk maar baie kere is dit weens hoe die skeidregters en hoe die weer toestande is. Daai twee het `n effek op wedstryde. Ek sal nie sê dit vervelig nie maar dis meer naby aanmekaar as Super Rugby.
Om op te eindig.
Sal nie sê die een is beter as die ander nie. Dis twee hetemal verskillende soort rugby wat gespeel word deur die spanne. Sekere spanne in Pro14 wil en doen kla speel soos in Nieu-Seeland gespeel word maar tog bly `n groot deel in hul wedstryd plan steeds hoe hulle gewoont te speel maar daar is aspekte van hoe hulle in Nieu-Seeland wat hulle in hulle wedstryd planne gesit het wat meer sorg vir hardloop rugby om drieë te druk. Dis goed om te sien. Maar sal nooit hul tradisionele wedstryd planne afskaf en net soos in Nieu-Seeland speel nie. Hul sal sekere aspekte in bring maar nooit hul tradisionele ideas vergeet nie.
DJ Rossouw
Follow DJ on Twitter: @DjRossouw87