Home Guinness Pro 14 Oorsig oor die 2018/19 Pro14 seisoen

Oorsig oor die 2018/19 Pro14 seisoen

Ek het oorsig gedoen oor die hele Pro14 seisoen vir 2018/19 en hoe die Pro14 spanne in die verskillende Europeerse kompentisies gedoen het.

975
0

Ek het `n oorsig van Pro14 gedoen vir die 2018/19 seisoen oor hoe hulle in hulle verskillende konferensies gedoen het en hoe uitspeel werdstryde gegaan het. Dan gaan ek `n deel, deel oor hoe Pro14 se total punte en drieë gegaan in die geskidenis van die liga is. Dan ook deel hoe die spanne gevaar het in die European Challenge Cup en die European Champions Cup ook.

Die twee konferensies het soos gelyk. Konferensie A was, Glasgow Warriors, Munster, Connacht, Ospreys, Cardiff Blues, Cheetahs, Zebre. Konferensie B was, Leinster,Ulster,Benetton, Scarlets, Edinburgh, Dragons, Southern Kings. Net die top 3 van elke konfernesie gaan deur na die uitspeel-wedstryde en die nommer 1 op elke konferensie gaan reguit na die semi-finale maar nommer 2 en 3 van elke konferensie speel dan uit om die reg om in die semi finale te speel.

In konferensie A het hulle so geïndig. Glasgow Warriors(81), Munster(77), Connacht(61), Ospreys(58), Cardiff Blues(54), Cheetahs(46), Zebre(19)
In konferensie B het hulle so geïndig. Leinster(76), Ulster(63), Benettton(57), Scarlets(52), Edinburgh(51), Dragons(26), Southern Kings(22)

Die top drie van elke konfernsie wat na die uitspeel wedstryde deurgaan is Glasgow Waarriors, Munster, Connacht, Leinster, Ulster, Benetton

Die uitspeel wedstryde vir nommer 2 en 3 van die konferensies het so gelyk. Munster teen Benetton en Ulster teen Connacht. Munster het gewen 15-13 teen Benetton en hul speel Leinster in die semi finaal. Ulster het gewen 21-13 teen Connacht en Ulster speel Glasgow warriors in die semi finaal.

Die semi finale het so gelyk. Glasgow warriors teen Ulster en Leinster teen Munster. Glasgow warriors het 50-20 teen Ulster gewen en Glasgow is deur na die finaal. Leinster het gewen 24-9 teen Munster en Leinster is deur na die finaal. Die Finaal gaan wees tussen Glasgow Warriors en Leinster in Glasgow(Skotland), in die stadium van Celtic sokker span, Celtic park. Dis basies `n tuis wedstryd vir Glasgow warriors.

European Challenge Cup is die kleinter kompentisie van die twee European bekers. Van die 12 Pro14 spanne, het net 5 van hulle in die European Challenge Cup gespeel. Net Connacht vir die uitspeel wedstryde gekwalifiseer na die groep fase. Connacht het uitgeval by die Kwarteind fase. Connacht het verloor 10-20 teen Sale Sharks(England). Die finaal was tussen twee franse spanne. Clermont teen La Rochelle. Clermont het gewen 36-16

Die European Champions Cup, is die grootste kompentise in Europe en dis waar die groot honde van die Top14, Premership en Pro14 deelneem. Van die 12 Pro14 spanne het net 7 in die European Champions Cup deelgeneem. Van die 7 Pro14 spanne wat in die groep fases was, het 5 van hulle na die uitspeel wedstryde deurgegaan.

Die kwarteind wedstryde was. Edinburg teen Munster, Saracens teen Glasgow warriors, Leinster teen Ulster, Racing 92 teen Toulouse. Munster het gewen 17-13 teen Edinburgh, Saracens het gewen 56-27 teen Glasgow, Leinster het gewen 21-18 teen Ulster, Toulouse get gewen 22-21 teen Racing 92. Die semi finale sal wees, Saraacens teen Munster, Leinster teen Toulouse. Saraacens het gewen 32-16 teen Munster. Leinster het gewen 30-12 teen Toulouse. Die finaal gaan wees tussen Saracens en Leisnter. Saracens het die finaal gewen met 20-10 teen Leinster.

Die Pro14 het begin in 2017/18 seisoen maar het verskillende name gehad en verskillende spanne oor die jare. Van 2001/02 tot 2005/06 was die kompentisie bekend as Celtic league. Tussen die tydperk was daar van 16 tot 11 spanne gewees. Van 2006/07 tot 2010/11 was liga bekend as Magners League. Die Magners League van 2006/07 tot 2010/11, in daai tydperk het spanne van 11,10,12 spanne. In 2011/12 het liga se naam verander na RaboDirect Pro12 tot 2013/14. In daai tydperk was daar net 12 spanne. Van 2014/15 tot 2016/17 was daar steeds net 12 spannne maar liga het bekend gestaan as Guiness Pro12. Toe kom die Groot verandering dat 2 Suid-Afrikaanse spanne die liga gaan speel. Toe verander dat daar 14 spanne is en naam verander ook na Guiness Pro14

Die Pro14 bestaan uit 14 spanne, vier 4 Ierland, 4 van wallis, twee van Skotland, 2 van Italië en dan twee van Suid-Afrika.

Van seisoen 2001/02 tot met 2016/17. Soveel punte aangeteken as `n gemiddeld is aangeteken deur die spanne(liga fase) 4536
Vir die twee seisoene 2017/18 & 2018/19 wat die Suid-Afrikaanse spanne deelneem, is die gemiddeld 6785 span punte
Van die seisoen 2001/02 tot met 2016/17. Hoveel totale drieë is aangeteken as `n gemiddeld deur die spanne(liga fase) 667
Vir die twee seisoene wat die Suid-Afrikaanse spanned eel neem is die gemiddeld 870 driee

Die Pro14 finaal het toe plaasgevind en Leinster het 18-15 gewen teen Glasgow Warriors. So het die Pro14 seisoen toe op `n einde gekom. Leinster het hul kroon verdedig wat hulle in 2017/18 gewen het.

Daar is praat dat die grootbase van Pro14 die konferensies vir die nuwe siesoen gaan verander. Wanneer die veranderings sal aangekondig word, sal die konferensies vir 2 jaar geld voordat daar weer veranderings gemaak sal maak. Daar is praat dat nog twee Suid Afrikaanse spanne die Pro14 kan aansluit om `n Pro16 te maak. Eers was daar gepraat van Amerkaanse spanne en toe later dat daar liewer twee Suid Afrikaanse spanne sal wees. Van die Suid Afrikaanse spanne was daar eers gepraat van die Pumas en Griekwas en toe later was daar gepraat van die Leeus, Stormers en Sharks dat hulle die Pro14 sal later sal aansluit. Maar die sal eers dalk in 2021/22 seisoen gebeur. Want die huidige ooreenkoms met die Suid afrikaanse super rugby spanne kom tot einde in 2020 seisoen vir super rugby. Ek dink hul sal daarna besluit wat hulle wil doen maar ek glo nie hulle sal Pro14 aansluit nie en sal liewer Griekwas en Pumas wee swat Pro14 sal aansluit.

Om meer aftesluit.

Baie van die spanne van Pro14 sal in die opkomende maande baie spelers van Suid-Afrika, Australie, Nieu Seeland aankoop om na die wereldbeker vir hulle kom speel, dis daar tydperk waar spelers na die wereld beker na tydperk van 4 jaar hul skuiwe oorsee maak of daai wat oorsee gaan om hul loopbane aftesluit. So baie spelers veral van Suid Afrika gaan daai skuif maak. So daar gaan dalk I groot Suid Afrikaanse geur wees aan sekere spanne in die Pro14.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here