Home Southern Kings Die Kings voorskou vir Pro14 2019/2020

Die Kings voorskou vir Pro14 2019/2020

In die af seisoen het daar baie beweings by die Kings gebeur in afrigters en spelers op oog vir die nuwe seisoen van Pro14

247
0
Die kaptein gaan weer JC Astle wees soos laas seisoen (Photo: Steve Haag Sports - Hollywoodbets)

Die Kings is einde van die vorige Pro14 seisoen 2018/2019 se franchise status is verkoop aan private maatskappy. Hulle is die eerste en enigste Franchise wat besit word deur private eienaars. In die af seisoen het daar baie beweings by die Kings gebeur in afrigters en spelers op oog vir die nuwe seisoen van Pro14

Deon Davids wat die Kings in hul eerste twee seisoene van Pro14 afgerig het, is na die vorige seisoen laat gaan en hul het toe die pos oopgestel en na die soektog na nuwe hoofafriger. Daar was groot drama met die soektog na die nuwe afrigter, oor watter kriteria die afrigters moet hê om aansoek te doen vir die poste.

Afrigters het gesê hul het sekere kriteria en dan sê die paneel wat besluit wie die nuwe afrigter gaan wees hul het nie. Na al die drama is daar toe `n kortlys van drie opgestel en voordat onderhoude kon begin het, het twee onttrek en toe daar net een oorgebly en hy het ook later onttrek.

Robbie Kempson wat hoëprestasie bestuurder by Kings is, is as waarnemende afrigter aangestel totdat hulle `n nuwe afrigter gekry het. Vuyo Zangqa is aangestel as assistant afrigter, Braam van Straaten is aangestel as verdediging en skop afrigter, Wayne Taylor is aangestek as “ Head of Athlectig Performance”

Kings het die volgende spelers almal ingekry. Jerry Sexton, Josh Allderman, Christian Ambadiang, Lusanda Badiyana, Thembelani Bholi, Erich Cronje, Cameron Dawson, Andell Loubser, Siya Masuku, Gavin Mills, Howard Mnisi, Ig Prinsloo, Christopher Hollis, Josiah Twum-Boafo, Demetri Catrakilis, Aston Fortuin, JT Jackson, Elrigh Louw, Jacques du Toit.

Kings het die volgende spelers almal laat gaan: Mika Willemse, Berton Klaasen, Dries van Schalkwyk, Ntabeni Dukisa, Martin du Toit, Giant Mtyanda, Jurrie van Vuuren, Justin Forwood, Stephan de Wit, Luvuyo Pupuma, Meli Rokouq, Oliver Zono, Martin Dreyer, Stephan Greeff, Harlon Klaasen, Bjorn Basson, Ulrich Beyers, Michael Makase, Ruan van Rensburg, Rudi van Rooyen.

Die Kings se tuis wedstryde is: Cardiff Blues, Munster, Ulster, Cheetahs, Connacht, Edinburgh, leinster, Scarlets, Benetton, Dragons, Cheetahs

Die Kings se weg wedstryde is: Benetton, Glasgow Warriors, Ospreys, Connacht, Edinburgh, Cheetahs, Munster, Scarlets, Zebre, Cardiff Blues

In Seisoen 2017/18, uit 21 wedstryde het Kings net 1 wedstryd gewen.

In Seisoen 2018/19, uit 21 wedstrtde het Kings net 2 wedstryde gewen.

Wat is die verwagting vir die Kings vir die 2019/2020 Pro14? Daai is regtig `n ope vraag. Hulle het `n voorseisoen gehad en hulle het 3 voorseisoen wedstryde teen Georgia, en twee keer teen Namibia gehad en al 3 wedstryde verloor. Groot ontwrigting was ongelukkig die hele situasie met die aanstel van `n nuwe hoofafrigter. Ek glo vas hulle kan `n beter sieosen het maar die groot ding gaan wees hoe hulle in die eerste paar wedstryde gaan speel waar die ander spanne sonder hul wereldbeker spelers sit.

As wedstryde kan wen in daai eerste paar wedstryde kan hulle moontlike kyk na uitspeel rondtes maar dit gaan ongelukkig alles afhang hoe hulle speel in daai tydperk wat die wereldbeker aan is. En dan hoe hulle speel in die algemeen en hoe beserings hulle sou ry en dan maar almal se problem is die wedstryde wat hulle weg van PE speel maar nog belangriker is die wedstryde wat hulle oorsee speel. As hulle wedstryde oorsee kan wen sal seisoen kla baie beter wees en dan paar wedstryde in PE ook wen.

Belangrikste vir die spelers en die nuwe eienaars van die Kings, is dat hulle begin wedstryde wen en dat hulle die Kings ondersteuners begin teruglok PE toe en dat hulle die span kan kom ondersteun. As hulle dit kan doen , sou die nuwe Pro14 seisoen kla `n sukses wees, al maak hulle nie die uitspeel rondtes nie.

Die Kings gaan `n groep van 44/45 spelers hë, maar volgengs wikapedia is die groep tans 41. Volgengs hulle bestaan die groep uit:

Cameron Dawson, Rossouw de Klerk,Schalk Ferreira, Lupumlo Mguca, IG Prinsloo, Pieter Scholtz, Alulutho Tshakweni, Xander Vos, Tango Belekile, Jacques du Toit, Alandre van Rooyen, JC Astle, Aston Fortuin, Elrich Louw, Schalk Oelofse, Jerry Sexton, Lusanda Badiyana, Thembelani Bholi, Brendon Brown, Tienie Burger, Bobby de Wee, Ruaan Lerm, CJ Vellerman, Josh Allderman, Gavin Mills, Sarel Pretorius, Stefan Ungerer, Demetri Catrakillis, Siya Masuku, Bader Pretorius, Erich Cronje, JT Jackson, Tertuis Kruger, Howard Mnisi, S`bura Sithole, Christian Ambadiang, Yaw Penxe, Masixole Banda, Michael Botha, Andle Loubser, Courtney Winnaar.

Die kaptein gaan weer JC Astle wees soos laas seisoen.

Die Kings se eerste 3 wedstryde is almal tuis en dis teen Cardiff Blues, Munster, Ulster.

Om af te sluit. Dis uiters belangrik dat die Kings `n goeie hoofafrigter aanstel as hulle die regte person gevind en dat Kings verbeter as die eerste twee seisoene in Pro14. Dis belangrik vir SA rugby in Pro14 dat hulle verbeter en nie soos die engelse spreekwoord gesê die “wipping boys” van Pro14 bly nie.

DJ Rossouw

Follow DJ on Twitter: @DJRossouw87

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here